Baie
welkom op my webtuiste.
Dit is
vir my lekker om te weet mense kom besoek my webtuiste en
sien wat ek alles doen. Hier gaan nog baie gebeur in die
toekoms.
My
eerste CD, "As jy aan eendag glo" is pas vrygestel en ek
hoop julle gaan dit so geniet soos ek. Die liedjies wat ek
sing op die CD
is maar 'n paar van my gunsteling treffers wat deur die jare
my na aan die hart lê. My seun, Christo Horn, het ook die
liedjie "Pa en Seun" saam met my gesing wat 'n groot eer
was.
Ek self is 'n baie groot aanhanger van sangers soos Simon & Garfunkel, Neil Diamond en Jim Reeves
om maar net 'n paar te noem, se musiek het ek mee groot
geword...
Dis
alles "Hartsmusiek" vir my.
"As jy aan eendag glo, is die lewe 'n lied..."
Ek glo julle sal lekker
luister na my album.
Groete
Johan |