Baie welkom op my webtuiste.

Dit is vir my lekker om te weet mense kom besoek my webtuiste en sien wat ek alles doen. Hier gaan nog baie gebeur in die toekoms. 

My eerste CD, "As jy aan eendag glo" is pas vrygestel en ek hoop julle gaan dit so geniet soos ek. Die liedjies wat ek sing op die CD is maar 'n paar van my gunsteling treffers wat deur die jare my na aan die hart lê. My seun, Christo Horn, het ook die liedjie "Pa en Seun" saam met my gesing wat 'n groot eer was.  

Ek self is 'n baie groot aanhanger van sangers soos Simon & Garfunkel, Neil Diamond en Jim Reeves om maar net 'n paar te noem, se musiek het ek mee groot geword...

Dis alles "Hartsmusiek" vir my.

"As jy aan eendag glo, is die lewe 'n lied..."

Ek glo julle sal lekker luister na my album.

Groete
Johan

 

 
   

TUISBLAD | MEER OOR JOHAN | MY MUSIEK | KONTAK MY

 

Die webtuiste word met trots onderhou deur GSD Potch - Die web mense...